2 het ek, Daniël, in die boeke gelees dat die Here met die profeet Jeremia gepraat het. Die Here het vir hom gesê die vyande sal Jerusalem verwoes. Daar sal 70 jaar lank net hope klippe wees.
3 Ek het tot my Here, tot God, gebid. Ek het gevas en getreur.
4 Ek het gebid tot my Here, tot God. Ek het my sonde en die sonde van my volk bely en gesê: “Here, U is die Groot God. Almal moet bang wees vir U en hulle moet U eer. U maak ’n verbond met die mense wat lief is vir U en wat doen wat U gesê het. U is lief vir hulle.
5 Ons het sonde gedoen, ons het verkeerd gedoen. Ons het nie geluister na U nie, ons het nie gedoen wat U gesê het ons moet doen nie.
6 Ons het nie geluister na die profete nie. Hulle was u dienaars. Hulle het u boodskap gebring vir ons konings, ons amptenare, ons voorvaders, vir al die mense in die land.
7 U het reg gedoen, maar ons het nie reg gedoen nie. Ons is skaam. Ons, die mense van Juda en Jerusalem, al die Israeliete, is skaam. Ons was ontrou aan U, en U het ons weggejaag na ander lande, lande wat naby is en lande wat ver is.
8 Ons is skaam, Here, want ons het sonde gedoen teen U. Ons konings, ons amptenare en ons voorvaders het sonde gedoen teen U.