7 U het reg gedoen, maar ons het nie reg gedoen nie. Ons is skaam. Ons, die mense van Juda en Jerusalem, al die Israeliete, is skaam. Ons was ontrou aan U, en U het ons weggejaag na ander lande, lande wat naby is en lande wat ver is.
8 Ons is skaam, Here, want ons het sonde gedoen teen U. Ons konings, ons amptenare en ons voorvaders het sonde gedoen teen U.
9 Ons het nie geluister na U nie. Maar U, ons God die Here, U is genadig, U sal ons sonde vergewe.
10 “U is ons God die Here, maar ons het nie na U geluister nie. U het die profete, u dienaars, na ons toe gestuur. Hulle het u wette vir ons gegee, maar ons het nie gelewe soos die wette sê nie.
11 Al die Israeliete was ongehoorsaam aan U. Hulle het nie geluister na wat U gesê het nie. Daarom het U gedoen wat U gesê het. U het gesê U sal ons straf as ons sonde doen teen U. Moses, u dienaar, het dit so geskryf in sy wette.
12 U het gedoen wat U vir ons en ons konings gesê het. U het dit baie sleg laat gaan in Jerusalem, dit het nog nooit in die hele wêreld so sleg gegaan nie.
13 Moses het dit so geskryf in sy wette, en dit gaan baie sleg met ons. Maar ons het aangehou om verkeerd te doen en ons het vergeet dat U altyd reg is. Ons het nie gevra dat U weer goed moet wees vir ons nie, U, ons God die Here.