20 Jy moet elke jaar die eerste kalf en die eerste lam gaan eet op die plek wat die Here sal kies, jy en jou huisgesin.
21 Maar as daar iets verkeerd is met die kalf of die lam, as hy gebreklik of blind is of as daar ’n ander fout is, dan moet jy hom nie offer vir jou God die Here nie.
22 Jy mag so ’n dier se vleis eet daar waar jy woon. Rein én onrein mense mag dit eet, soos hulle die vleis van ’n gasel of ’n takbok mag eet.
23 Maar jy mag nie die bloed van die dier eet nie. Jy moet die bloed op die grond uitgooi soos water.”