1 Moses het gesê: “Wanneer jy in die land kom wat jou God die Here vir jou gee om aan jou te behoort en jy vat die land en jy gaan woon daarin,
2 dan moet jy van die eerste vrugte neem wat jy gepluk het in die land wat jou God die Here vir jou gee en jy moet die vrugte in ’n mandjie sit. Jy moet gaan na die plek wat jou God die Here sal kies waar julle Hom moet aanbid.
3 Jy moet gaan na die priester wat in daardie tyd daar sal wees, en jy moet vir hom sê: ‘Ek sê vandag hier waar die Here dit ook kan hoor: Die Here het vir ons voorvaders belowe dat Hy hierdie land vir ons sal gee, en ek het nou in die land gekom.’
4 “Die priester moet dan die mandjie van jou neem en hy moet dit neersit voor die altaar van jou God die Here.
5 Daarna moet jy begin praat, jy moet sê waar jou God die Here dit kan hoor: ‘My voorvader was ’n Arameër wat rondgeswerf het. Hy het na die land Egipte gegaan, en hy en ’n klein groepie mense was daar vreemdelinge. Maar ons het daar ’n groot en sterk volk geword, ons is nou baie mense.
6 Die Egiptenaars het ons laat swaarkry en hulle het slegte dinge aan ons gedoen, hulle het ons soos slawe laat werk.