7 Julle moet ook ete-offers bring en julle moet daar eet en feesvier by julle God die Here.
8 Julle moet al die woorde van hierdie wet baie duidelik op die klippe skryf.”
9 Moses en die priesters van die nageslag van Levi het vir al die Israeliete gesê: “Israeliete, julle moet stil wees en luister! Julle het vandag die volk van julle God die Here geword.
10 Daarom moet julle gehoorsaam wees aan die Here en julle moet alles doen wat Hy gesê en besluit het, alles wat ek vandag vir julle sê.”
11 Moses het daardie dag vir die volk gesê:
12 “Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het, dan moet party stamme op die Gerisim-berg gaan staan om die volk te seën. Hierdie stamme is: Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Josef en Benjamin.
13 En die ander stamme moet op die Ebal-berg gaan staan om mense te vervloek. Hierdie stamme is: Ruben, Gad, Aser, Sebulon, Dan en Naftali.