11 Mordegai het elke dag by die kamers van die koning se vroue verbygeloop om uit te vind hoe dit met Ester gaan en wat hulle doen met haar.
12 Hulle het elke meisie twaalf maande lank mooi gemaak, ses maande met mirre-olie en ses maande met balsem en ander mooimaakgoed. Wanneer dit ’n meisie se beurt was om by koning Ahasveros te kom,
13 dan kon sy enige iets kry wat sy na die paleis wou saamneem, enige iets uit die kamers van die vroue.
14 Die meisie het in die aand ingegaan in die paleis. Wanneer sy in die oggend terugkom, moes sy na ander kamers gaan waar die byvroue van die koning gewoon het. Die amptenaar Saäsgas het vir hierdie vroue gesorg. ’n Byvrou het net weer by die koning gekom as hy gesê het sy moet kom.
15 Ester was die dogter van Abigajil, Mordegai se oom. Mordegai het haar aangeneem, sy was soos Mordegai se eie dogter. Toe dit Ester se beurt was om na die koning toe te gaan, het sy niks gevra wat sy wou saamneem nie. Sy het net die klere saamgeneem wat die amptenaar Hegai gesê het. Hegai was die opsigter wat die vroue van die koning opgepas het. Almal wat vir Ester gesien het, het gehou van haar.
16 Ester het by koning Ahasveros in sy paleis gekom in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende jaar nadat hy koning geword het.
17 Die koning het baie lief geword vir Ester, meer lief as vir al die ander vroue. Hy het meer van haar gehou as van die ander meisies. Hy het ’n kroon op haar kop gesit en hy het haar die koningin gemaak. Voorheen was Vasti die koningin.