1 Later het koning Ahasveros vir Haman seun van Hammedata ’n belangrike man gemaak. Haman was van die nageslag van Agag. Die koning het vir Haman ’n belangrike amptenaar gemaak, sy stoel het hoër gestaan as die ander amptenare se stoele.
2 Die koning het gesê al die amptenare in die paleis moet voor Haman buig en hulle moet op die grond gaan lê voor hom. Maar Mordegai het dit nie gedoen nie.
3 Die ander amptenare in die paleis het vir Mordegai gevra: “Hoekom doen jy nie wat die koning gesê het nie?”
4 Hulle het elke dag met Mordegai daaroor gepraat. Mordegai het vir hulle gesê dat hy nie wil buig nie omdat hy ’n Judeër is. Toe Mordegai nie wou luister nie, het hulle dit vir Haman vertel, hulle wou sien of Mordegai sal aanhou om nie te buig nie.
5 Haman het baie kwaad geword toe hy hoor dat Mordegai nie voor hom wil buig nie en dat hy nie op die grond wil gaan lê nie.