12 Haman het die koning se sekretarisse laat roep op die dertiende dag van die eerste maand. Hy het gesê hulle moet briewe skryf vir die hoof-amptenare van die koning en vir die goewerneurs van elke provinsie en vir die amptenare van elke volk. Hulle het die briewe geskryf en hulle het die skrif van elke provinsie en die taal van elke volk gebruik. Hulle het geskryf wat Haman gesê het. Hulle het geskryf dat die briewe van koning Ahasveros kom en hulle het die seël van die koning op die briewe gesit.
13 Vinnige boodskappers het die briewe geneem na elke provinsie van die koning. In die briewe was geskryf dat die mense al die Judeërs moet doodmaak, al die jongmense en die oumense, al die kinders en die vroue. Die koning het ook gesê dat die mense al die Judeërs se goed moet vat. Dit moes gebeur op een dag, op die dertiende dag van die twaalfde maand, dit is die maand Adar.
14 Die koning het dit besluit en dit moes ’n wet word in elke provinsie. Al die mense moes daarvan weet, sodat hulle gereed kon wees op daardie dag.
15 Die koning het gesê die boodskappers moet gou maak, en hulle het dit gedoen. Toe die mense in die stad Susan hoor wat die koning besluit het, was hulle baie geskok en ontsteld. Maar die koning en Haman het gaan sit en hulle het wyn gedrink.