1 Mordegai het uitgevind wat gebeur het. Hy het sy klere geskeur, hy het rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy het deur die stad geloop en hy het baie hard gehuil.
2 Hy het gegaan tot voor die paleis van die koning, want mense mag nie in die paleis ingegaan het wanneer hulle rouklere gedra het nie.
3 Die Judeërs het begin rou, in elke provinsie, op elke plek waar hulle gelees het oor die besluit van die koning en die wet. Hulle het gevas en hulle het hard gehuil en gekla, en baie Judeërs het rouklere aangetrek en as op hulle koppe gegooi.
4 Die jongmeisies en die amptenare by Ester het vir haar vertel wat Mordegai doen. Die koningin het groot geskrik en sy het vir Mordegai klere gestuur sodat hy sy rouklere kon uittrek. Maar Mordegai wou nie die klere neem nie.
5 Toe roep Ester vir Hatak. Hatak was ’n amptenaar van die koning, en die koning het gesê hy moet vir Ester werk. Ester het vir Hatak gesê hy moet na Mordegai toe gaan en hy moet uitvind wat Mordegai doen en hoekom hy dit doen.
6 Hatak het na Mordegai toe gegaan op die oop stuk grond voor die paleis van die koning,