1 Drie dae later het Ester haar koningin-klere aangetrek en sy het op die oop stuk grond binne-in die paleis gaan staan. Dit was oorkant die kamer van die koning. Die koning het op sy troon gesit oorkant die deur van die kamer.
2 Toe die koning vir koningin Ester daar op die oop stuk grond sien staan, was hy dadelik vriendelik met haar. Hy het ’n goue septer in sy hand gehad, en hy het dit na haar toe uitgesteek. Sy het nader gekom en aan die punt van die septer geraak.
3 Die koning vra toe vir haar: “Koningin Ester, wat is dit, wat wil jy vir my vra? Jy mag enige iets vir my vra. As jy die helfte van die lande vra waaroor ek regeer, dan sal ek dit ook vir jou gee.”
4 Ester het gesê: “As die koning dink dit is reg, dan moet die koning en Haman vandag saam met my kom eet.”
5 Die koning het dadelik vir Haman laat roep, sodat hulle kon doen wat Ester gevra het. Hulle het saam gegaan om die kos te gaan eet wat Ester gereedgemaak het.