1 Daardie nag kon die koning nie slaap nie. Hy het gesê hulle moet die dagboek bring, die boek waarin hulle die geskiedenis geskryf het, alles wat gebeur het. Hulle het vir die koning gelees uit die boek.
2 Hulle lees toe dat Mordegai vertel het dat Bigtana en Teres vir koning Ahasveros wou vermoor. Bigtana en Teres was amptenare van die koning, hulle was poortwagte.
3 Die koning vra toe: “Wat het ons gedoen om vir Mordegai te wys dat hy belangrik is?”Die jongmanne wat vir die koning bedien het, sê toe: “Ons het niks vir hom gedoen nie.”
4 Die koning vra toe: “Is daar iemand op die oop stuk grond?”Haman het daardie tyd op die oop stuk grond van die paleis gekom. Hy wou vir die koning vra om vir Mordegai op te hang aan die paal wat hy laat plant het.