7 Hy sê toe vir die koning: “Wanneer die koning vir iemand wil wys dat hy belangrik is,
8 dan moet hulle koningsklere bring wat die koning self gedra het. Hulle moet ook ’n perd bring waarop die koning gery het, ’n perd wat ’n kroon op sy kop het.
9 Hulle moet die klere en die perd gee vir een van die belangrikste amptenare van die koning. Hy moet dan die klere vir daardie persoon aantrek, die persoon vir wie die koning wil wys dat hy belangrik is. Die amptenaar moet daardie belangrike persoon op die perd laat ry oor die oop stuk grond in die stad en hy moet skree: ‘Dit is wat ons doen met iemand wanneer die koning wil wys dat hy belangrik is.’ ”
10 Die koning sê toe vir Haman: “Maak gou! Neem die klere en die perd en doen soos jy gesê het met die Judeër Mordegai wat voor die paleis sit. Jy moet alles doen wat jy gesê het.”
11 Haman het die klere en die perd geneem en hy het die klere vir Mordegai aangetrek. Hy het vir Mordegai oor die oop stuk grond in die stad laat ry en hy het geskree: “Dit is wat ons doen met iemand wanneer die koning wil wys dat hy belangrik is.”
12 Daarna het Mordegai teruggegaan na die paleis, en Haman het vinnig huis toe gegaan. Hy het gerou en hy het sy kop toegemaak met ’n doek.
13 Hy het vir sy vrou Seres en al sy vriende vertel wat met hom gebeur het. Sy slim manne en sy vrou Seres het toe vir hom gesê: “Die koning het jou verneder voor Mordegai. Mordegai is ’n Judeër, en daarom sal jy niks teen hom kan doen nie. Hulle sal jou nog meer verneder, dit is seker.”