25 Maar toe het Ester by die koning gekom, en die koning het anders besluit. Hy het gesê hulle moet skryf dat die slegte plan wat Haman teen die Judeërs gemaak het, met homself moet gebeur. Hulle het toe vir Haman en sy seuns aan die paal opgehang.
26 Daarom noem hulle hierdie feesdae Purim, want hulle het die “pur” gegooi, dit beteken hulle het lootjies getrek. Die Judeërs vier fees op hierdie dae omdat Mordegai dit so geskryf het in sy brief en omdat dit alles so met hulle gebeur het.
27 Die Judeërs het besluit dat hulle en hulle nageslag en almal wat Judeërs word, hierdie twee dae altyd sal vier op die regte tyd.
28 Elke geslag, elke familie, elke provinsie, elke stad, sal op hierdie dae altyd feesvier. Die Judeërs en hulle nageslag sal hierdie dae van Purim nie vergeet nie.
29 Koningin Ester, dogter van Abigajil, en die Judeër Mordegai het geskryf en gesê dat die Judeërs alles moet doen wat in hierdie tweede brief oor die Purimfees geskryf is.
30 Mordegai het die briewe gestuur na al die Judeërs in die 127 provinsies van koning Ahasveros. Hy het geskryf dat hy wil hê hulle moet veilig wees en vrede hê.
31 Hy het ook gesê dat die Judeërs hierdie twee dae van die Purimfees op die regte tyd moet vier soos hy en koningin Ester besluit het en soos die Judeërs self besluit het. Hy het gesê dat hulle nageslag dit ook moet doen. Mordegai het ook geskryf hoe die Judeërs moet vas en rou.