3 God het gesê: “Daar moet lig wees.”En toe was daar lig.
4 God het gesien die lig is goed. Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.
5 God het die lig “dag” genoem en Hy het die donker “nag” genoem. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die eerste dag.
6 God het gesê: “Daar moet ’n hemeldak wees, die lug daarbo, en dit moet die water wat bo is, skei van die water wat onder is.”
7 Dit het toe gebeur. God het die hemeldak gemaak en Hy het die water onder die dak geskei van die water bo die dak.
8 God het die ronde dak “hemel” genoem. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die tweede dag.
9 God het gesê: “Die water onder die hemel moet bymekaarkom op een plek, sodat daar ook grond kan wees.”Dit het toe gebeur.