17 Maar die Here het die farao en sy huisgesin swaar gestraf omdat hy Abram se vrou Sarai gevat het.
18 Die farao roep toe vir Abram en vra vir hom: “Hoekom het jy dit aan my gedoen? Hoekom het jy nie vir my gesê Sarai is jou vrou nie?
19 Hoekom het jy gesê sy is jou suster, want toe het ek met haar getrou. Hier is jou vrou nou. Neem haar en gaan weg!”
20 Die farao het toe vir sy amptenare gesê hulle moet Abram en sy vrou en al sy goed uit die land stuur.