1 Abram het uit Egipte weggegaan na die Suid-land, hy en sy vrou en alles wat hy gehad het. Lot het saam met hom gegaan.
2 Abram was baie ryk. Hy het baie diere en silwer en goud gehad.
3 Hy het elke dag verder getrek totdat hy weer by dieselfde plek gekom het waar hy voorheen sy tente opgeslaan het. Dit was tussen die stede Bet-El en Ai.
4 Dit was die plek waar hy voorheen ’n altaar gebou het. Abram het die Here daar aanbid.