1 Hierna het Abram gedroom die Here sê vir hom:“Abram, jy moenie bang wees nie. Ek sal jou beskerm. Ek sal vir jou baie gee.”
2 Toe sê Abram: “Here, my Here, wat kan U vir my gee? Ek het nie kinders nie, en Eliëser, die man uit Damaskus, sal eendag al my goed erf.
3 U het nie vir my ’n nageslag gegee nie, en daarom sal een van my slawe alles erf wat ek het.”
4 Toe praat die Here weer met Abram en Hy sê vir hom: “Nee, dit is nie ’n slaaf wat al jou goed sal erf nie. Net jou eie seun sal jou goed erf.”
5 Die Here het vir Abram buitetoe geneem en vir hom gesê: “Kyk na die lug en probeer om al die sterre te tel. Jou nageslag sal so baie wees.”