6 Abram het die Here geglo, en daarom was die Here tevrede met hom.
7 Die Here het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou laat wegtrek het uit Ur, die stad in die land van die Galdeërs. Ek het jou hiernatoe gebring, want Ek wil hierdie land vir jou gee. Hierdie land sal aan jou behoort.”
8 Toe vra Abram: “Here, my Here, hoe kan ek seker wees dat hierdie land myne sal wees?”
9 En die Here sê vir hom: “Bring vir My ’n vers-kalf en ’n bok en ’n skaap-ram, almal drie jaar oud. Bring ook ’n tortelduif en ’n ander duif.”
10 Abram het dit alles vir die Here gebring. Hy het die diere middeldeur gesny, en hy het die een helfte van elke dier oorkant die ander helfte neergesit. Maar die voëls het hy nie middeldeur gesny nie.
11 Die aasvoëls het gekom om die dooie diere te vreet, maar Abram het hulle weggejaag.
12 Toe die son ondergaan, het dit baie donker geword, en Abram het bang geword. Maar daarna het hy baie vas geslaap.