9 En die Here sê vir hom: “Bring vir My ’n vers-kalf en ’n bok en ’n skaap-ram, almal drie jaar oud. Bring ook ’n tortelduif en ’n ander duif.”
10 Abram het dit alles vir die Here gebring. Hy het die diere middeldeur gesny, en hy het die een helfte van elke dier oorkant die ander helfte neergesit. Maar die voëls het hy nie middeldeur gesny nie.
11 Die aasvoëls het gekom om die dooie diere te vreet, maar Abram het hulle weggejaag.
12 Toe die son ondergaan, het dit baie donker geword, en Abram het bang geword. Maar daarna het hy baie vas geslaap.
13 Toe sê die Here vir Abram: “Jou nageslag sal gaan woon in ’n land wat nie hulle eie land sal wees nie. Hulle sal vreemdelinge wees, maar hulle sal slawe wees, en die mense sal hulle 400 jaar lank verdruk. Dit is seker.
14 Maar Ek sal die volk straf wat hulle slawe laat word het. Daarna sal jou nageslag weggaan en hulle sal baie goed hê.
15 Met jou sal dit goed gaan totdat jy sterf en jy sal oud wees wanneer hulle jou begrawe.