1 Abram was 99 jaar oud toe die Here aan hom verskyn het. Die Here het vir hom gesê:“Ek is God die Almagtige. Jy moet My dien en reg lewe.
2 Dan sal Ek ’n verbond maak met jou. Ek sal vir jou ’n baie groot nageslag gee.”
3 Abram het met sy gesig teen die grond gaan lê, en die Here het vir hom gesê:
4 “Ek maak hierdie verbond met jou: Jy sal die voorvader wees van baie volke,