6 Jy sal ’n baie groot nageslag hê. Jy sal die voorvader wees van baie volke en konings.
7 Ek maak ’n verbond tussen My en jou en jou nageslag en hulle nageslagte. Dit is ’n verbond wat altyd sal aanhou. Ek sal jou God wees en ook jou nageslag se God.
8 En Ek sal vir jou en vir jou nageslag hierdie land gee waarin jy nou ’n vreemdeling is, die hele land Kanaän. Die land sal altyd aan julle behoort, en Ek sal julle God wees.”
9 God het vir Abraham gesê: “Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag en hulle nageslagte.
10 Hier is die verbond wat jy en jou nageslag moet hou: Julle moet elke man en seun besny.
11 Dit sal die bewys wees van die verbond tussen My en julle.
12 As ’n seun ag dae oud is, dan moet julle hom besny. Julle moet dit doen met elke seun in julle huis, en met elke slaaf wat in julle huis gebore word. Julle moet dit ook doen met elke slaaf wat julle koop, elke slaaf wat nie julle nageslag is nie.