22 Die mans het omgedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog voor die Here gestaan.
23 Abraham kom toe nader en vra: “Sal U die goeie mense saam met die slegte mense straf?
24 Miskien is daar 50 goeie mense in die stad. Sal U hulle ook doodmaak en die hele stad straf as daar 50 goeie mense in die stad is?
25 Sal U die goeie mense saam met die slegte mense doodmaak? U sal nie dieselfde doen met goeie mense en met slegte mense nie. U sal dit nooit doen nie. U, die Regter van die hele aarde, sal reg oordeel.”
26 Toe sê die Here: “As Ek in Sodom 50 goeie mense kry, dan sal Ek al die mense in die stad se sonde vergewe.”
27 Toe sê Abraham weer: “Ek is ’n mens wat van stof en as gemaak is. Ek was bang, maar ek hét met die Here gepraat.
28 Miskien is daar vyf minder as 50 goeie mense. Sal U die hele stad verwoes oor vyf mense?”Toe sê die Here: “Ek sal dit nie verwoes nie as Ek daar 45 goeie mense kry.”