6 Abraham gaan toe gou na Sara in sy tent en sê vir haar: “Neem gou drie sea van die beste meel, knie dit en bak brood.”
7 Daarna het Abraham gou na die beeste gegaan, hy het ’n mooi jong bul-kalf gevang en hy het dit vir ’n slaaf gegee om gaar te maak.
8 Toe die kalf gaar is, neem Abraham ook botter en melk en hy gee dit vir die mans. Hy het hulle onder die boom bedien, en hulle het geëet.
9 Hulle vra toe vir hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Sy is hier in die tent.”
10 Toe sê die Here: “Ek sal volgende jaar dieselfde tyd terugkom na jou toe. Dan sal jou vrou Sara ’n seun hê. Dit is seker.”Sara was agter Abraham by die tent se deur en sy het dit gehoor.
11 Abraham en Sara was altwee baie oud, en Sara was al te oud om kinders te kry.
12 Sara het stilletjies gelag en gedink: Kan ek nou nog lus wees om by ’n man te slaap? Nee, ek is te oud en my man ook.