11 Die naam van die een rivier was Pison. Hierdie rivier het om die hele Gawila-land gevloei. Daar was goud
12 en die goud was goed. Daar was ook balsem en oniks.
13 Die naam van die tweede rivier was Gihon. Dit het om die hele land Kus gevloei.
14 Die naam van die derde rivier was Tigris. Dit het oos van die land Assirië gevloei. Die naam van die vierde rivier was Eufraat.
15 Die Here God het die mens in die Eden-tuin laat woon om daarin te werk en dit op te pas.
16 Die Here God het vir die mens gesê: “Jy mag van al die vrugte in die tuin eet,
17 maar een boom se vrugte mag jy nie eet nie. Dit is die boom wat jou kan help om te weet wat goed is en wat sleg is. As jy van daardie vrugte eet, dan sal jy sterf. Dit is seker.”