3 Abimelek het daardie nag gedroom dat God na hom toe kom en vir hom sê: “Jy sal sterf omdat jy hierdie vrou gevat het, sy is ’n getroude vrou.”
4 Abimelek het nog nie by Sara geslaap nie, en hy het gevra: “Here, sal U onskuldige mense doodmaak?
5 Abraham het vir my gesê Sara is sy suster, en sy, Sara, het ook gesê Abraham is haar broer. Ek het nie slegte planne in my hart gehad toe ek haar gevat het nie. Ek is onskuldig.”
6 Abimelek het gedroom dat God vir hom sê: “Ek weet ook jy het nie slegte planne in jou hart gehad nie. Ek het jou gekeer, en jy het nie sonde gedoen teen My nie. Ek het jou nie toegelaat om aan Sara te raak nie.
7 Gee nou Abraham se vrou terug. Hy is ’n profeet en hy sal vir jou bid dat jy kan lewe. As jy haar nie teruggee nie, dan sal jy sterf, jy en almal wat by jou is. Dit is seker.”
8 Vroeg die volgende oggend het Abimelek al sy manne geroep en hy het vir hulle alles vertel wat God vir hom gesê het. Die manne het baie bang geword.
9 Koning Abimelek roep toe vir Abraham en vra vir hom: “Wat het jy aan ons gedoen en wat het ek verkeerd gedoen teen jou? Hoekom het jy my en my land se mense hierdie groot sonde laat doen? ’n Mens moenie dit met ander mense doen nie.”