2 Sara het swanger geword en sy het vir Abraham ’n seun gekry toe hy al oud was. Sy het die seun gekry op die tyd wat God gesê het dit sal gebeur.
3 Abraham het sy seun Isak genoem, die seun wat hy en Sara gekry het.
4 Abraham het sy seun Isak besny toe hy ag dae oud was. Hy het dit gedoen soos God vir hom gesê het.
5 Abraham was 100 jaar oud toe sy seun Isak gebore is.
6 Sara het gesê: “Die mense sal nou lag oor wat God met my gedoen het. Almal wat van Isak hoor, sal vir my lag.
7 Niemand sou voorheen vir Abraham gesê het dat kinders aan my bors sou drink nie, maar ek en Abraham het ’n seun gekry toe hy al oud was.”
8 Die kind Isak het grootgeword en opgehou om aan Sara te drink. Op daardie dag, toe Sara vir Isak gespeen het, het Abraham ’n groot fees gehou.