3 Abraham het sy seun Isak genoem, die seun wat hy en Sara gekry het.
4 Abraham het sy seun Isak besny toe hy ag dae oud was. Hy het dit gedoen soos God vir hom gesê het.
5 Abraham was 100 jaar oud toe sy seun Isak gebore is.
6 Sara het gesê: “Die mense sal nou lag oor wat God met my gedoen het. Almal wat van Isak hoor, sal vir my lag.
7 Niemand sou voorheen vir Abraham gesê het dat kinders aan my bors sou drink nie, maar ek en Abraham het ’n seun gekry toe hy al oud was.”
8 Die kind Isak het grootgeword en opgehou om aan Sara te drink. Op daardie dag, toe Sara vir Isak gespeen het, het Abraham ’n groot fees gehou.
9 Toe sien Sara dat Ismael lag. Ismael was die seun wat Hagar, die slavin uit Egipte, vir Abraham gekry het.