6 Sara het gesê: “Die mense sal nou lag oor wat God met my gedoen het. Almal wat van Isak hoor, sal vir my lag.
7 Niemand sou voorheen vir Abraham gesê het dat kinders aan my bors sou drink nie, maar ek en Abraham het ’n seun gekry toe hy al oud was.”
8 Die kind Isak het grootgeword en opgehou om aan Sara te drink. Op daardie dag, toe Sara vir Isak gespeen het, het Abraham ’n groot fees gehou.
9 Toe sien Sara dat Ismael lag. Ismael was die seun wat Hagar, die slavin uit Egipte, vir Abraham gekry het.
10 Sara sê toe vir Abraham: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg. Hierdie seun van die slavin mag nie erf saam met my seun Isak nie.”
11 Abraham het gedink dit is verkeerd wat Sara gesê het oor sy seun Ismael.
12 Maar God het vir Abraham gesê: “Moenie dink dit is verkeerd wat Sara gesê het oor jou seun en oor jou slavin nie. Luister na alles wat sy vir jou sê, want die nageslag van Isak sal jóú nageslag wees.