1 Daarna het God vir Abraham getoets. Hy het vir Abraham gesê:“Abraham!”En Abraham het geantwoord: “Hier is ek!”
2 Toe sê God: “Neem jou seun, jou enigste seun vir wie jy lief is, neem vir Isak en gaan na Moria-land. Jy moet jou seun daar vir My offer. Hy moet die brand-offer wees. Jy moet hom offer op een van die berge wat Ek vir jou sal wys.”
3 Die volgende oggend vroeg het Abraham sy donkie opgesaal. Hy het twee van sy slawe en sy seun Isak saamgeneem. Hy het hout gekap vir die brand-offer, en hy het na die plek gegaan wat God vir hom gesê het.
4 Op die derde dag het Abraham die plek ver weg gesien.
5 Toe sê Abraham vir sy slawe: “Bly hier by die donkie. Ek en my seun gaan daarnatoe. As ons klaar die Here aanbid het, dan sal ons terugkom na julle toe.”