10 Abraham steek toe sy hand uit en neem die mes om sy seun dood te maak,
11 maar toe roep die Engel van die Here uit die hemel vir hom en sê: “Abraham! Abraham!”En hy antwoord: “Hier is ek!”
12 Toe sê God: “Moenie aan jou seun raak of iets aan hom doen nie, want nou weet Ek dat jy My wil dien. Jy het nie geweier om jou enigste seun vir My te offer nie.”
13 Toe Abraham rondkyk, sien hy ’n skaap-ram. Die ram se horings was vas in ’n bos. Abraham het gegaan en hy het die ram gevat en hy het die ram in sy seun se plek ge-offer.
14 Abraham noem toe die plek “Die Here gee wat jy nodig het.”Die mense sê vandag nog: “Die Here sal op sy berg gee wat jy nodig het.”
15 Die Engel van die Here het weer uit die hemel met Abraham gepraat
16 en gesê: “Jy het gedoen wat Ek gevra het. Jy het nie geweier om jou seun te offer nie. Daarom belowe Ek, die Here,