1 Sara het 127 jaar oud geword.
2 Sy het gesterf in die stad Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän. Abraham het oor Sara gehuil en gerou.
3 Daarna het Abraham opgestaan en weggegaan van sy vrou se lyk. Hy het met die Hetiete gaan praat en vir hulle gesê:
4 “Ek is ’n vreemdeling, ek woon nie altyd hier by julle nie. Ek wil asseblief by julle ’n stuk grond hê wat my eie kan wees, sodat ek my vrou daar kan begrawe.”
5 Die Hetiete het vir Abraham gesê: