6 “Luister na ons, Meneer. Jy is een van ons belangrike leiers. Begrawe jou vrou in die beste graf wat ons het. Nie een van ons sal weier as jy jou vrou in sy graf wil begrawe nie.”
7 Toe kom Abraham en hy buig voor die land se mense, die Hetiete.
8 Hy sê toe vir hulle: “As julle my sal toelaat om my vrou hier te begrawe, luister dan na my en praat met Efron, die seun van Sogar.
9 Vra vir hom of hy die Makpela-grot aan my sal verkoop. Die grot behoort aan hom, dit is op sy grond naby die kant. Ek sal vir hom betaal wat hy wil hê, sodat die graf aan my kan behoort. Julle moet almal daar wees wanneer hy dit aan my verkoop.”
10 Efron het tussen die Hetiete gesit. Hy het Abraham geantwoord, en almal wat by die stad se poort ingekom het, kon hoor wat hy sê. Hy het gesê:
11 “Nee, Meneer, luister na my. Ek gee die grond vir jou en ook die grot wat daarop is. Ek gee dit vir jou hier waar my mense dit sien. Begrawe jou vrou daar.”
12 Toe buig Abraham voor die land se mense,