2 Abraham het vir sy hoofslaaf, die slaaf wat al sy goed opgepas het, gesê: “Sit asseblief jou hand onder my heup
3 en belowe voor die Here, die God van die hemel en die aarde. Belowe dat jy nie my seun sal laat trou met ’n dogter van die Kanaäniete tussen wie ek woon nie.
4 Belowe dat jy na my eie land en my familie sal gaan en dat jy daar vir my seun Isak ’n vrou sal gaan haal.”
5 Toe sê die slaaf vir Abraham: “Maar miskien sal die vrou nie saam met my na hierdie land wil kom nie. Moet ek dan jou seun laat teruggaan na Mesopotamië, die land van waar jy kom?”
6 Abraham het vir die slaaf gesê: “Jy moet nooit my seun na daardie land laat teruggaan nie.
7 Die Here, die God van die hemel wat my uit my pa se familie en uit my geboorteland laat trek het, het met my gepraat en Hy het vir my belowe: ‘Ek sal hierdie land vir jou nageslag gee.’ Die Here sal sy engel stuur en jy sal hom volg, sodat jy vir my seun daar in my eie land ’n vrou kan kry.
8 As die vrou nie saam met jou wil kom nie, dan kan jy nie doen wat jy belowe het nie. Maar jy moet nooit my seun daarnatoe laat teruggaan nie.”