55 Maar Rebekka se broer en haar ma het gesê: “Jy moet asseblief ons dogter nog tien dae by ons laat bly, dan mag jy gaan.”
56 Die slaaf sê toe vir hulle: “Julle moet my nie terughou nie. Die Here het my gehelp om reg te kry wat ek moes doen. Julle moet my laat gaan, sodat ek kan teruggaan na my eienaar toe.”
57 Hulle het gesê: “Kom ons roep die dogter en vra vir haar.”
58 Hulle roep toe vir Rebekka en vra vir haar: “Wil jy nou dadelik saamgaan met hierdie man?”En sy antwoord: “Ja, ek wil gaan.”
59 Hulle het Rebekka en die vrou wat haar grootgemaak het, laat saamgaan met Abraham se slaaf en die ander mans.
60 Hulle het Rebekka gegroet en vir haar gesê:“Ons suster, ons bid dat die Herejou sal seën,sodat jou nageslagbaie duisende sal wees,sodat hulle ook al hulle vyandese stede sal oorwin.”
61 Rebekka en haar slavinne het toe gereedgemaak. Hulle het op die kamele geklim en saam met die man gegaan. So het die slaaf dit reggekry dat Rebekka met hom saamgegaan het.