1 Abraham het weer getrou. Die vrou se naam was Ketura.
2 Ketura en Abraham se seuns was Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag.
3 Joksan was die pa van Skeba en Dedan. Dedan se nageslag was die mense van Assur, Letus en Leüm.
4 Midian se seuns was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle was almal die nageslag van Ketura.
5 Isak het alles gekry wat Abraham gehad het.
6 Abraham het vir die kinders van sy byvrou Ketura presente gegee terwyl hy nog gelewe het, en hy het hulle weggestuur na die ooste, weg van Isak.