12 Hier is ’n lys van die nageslag van Ismael, Abraham en Hagar se seun. Hagar was Sara se slavin. Sy het uit Egipte gekom.
13 Hier is die name van Ismael se nageslag: Ismael se oudste seun was Nebajot. Die ander seuns was Kedar, Adbeël, Mibsam,
14 Misma, Duma, Massa,
15 Gadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma.
16 Dit is die name van Ismael se twaalf seuns. Hulle was leiers van hulle families en stamme. Hulle het in kampe en klein dorpies gewoon. Die plekke en die seuns het dieselfde name gehad.
17 Ismael het 137 jaar oud geword. Toe het hy gesterf en hulle het hom begrawe.
18 Ismael se nageslag het tussen Gawila en Sur gewoon. Sur was oos van Egipte naby Assur. Ismael het weg van sy familie gaan woon.