21 Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy kon nie kinders kry nie. Die Here het geluister na sy gebed, en sy vrou Rebekka het swanger geword.
22 Die kinders in haar het baie teen mekaar geskop, en sy het gesê: “Hoekom skop die kinders so?”Sy het gaan bid en vir die Here gevra hoekom dit gebeur.
23 Die Here het vir haar gesê:“Die twee kinders in jousal mekaar se vyande word.Hulle sal twee volke word.Die een volk sal sterker weesas die ander volk,en die oudstesal die jongste dien.”
24 Toe die kinders gebore is, was dit ’n tweeling.
25 Toe die eerste seun gebore is, sien hulle hy is rooi en hy het baie hare op sy lyf, so baie hare soos op ’n dier se vel. Daarom het hulle hom Esau genoem.
26 Daarna is sy broer gebore. Sy broer se hand het aan Esau se voet vasgehou. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe die twee seuns gebore is.
27 Die seuns het grootgeword, en Esau kon goed jag. Hy het gehou van die veld. Jakob was ’n rustige man en hy het geboer met skape en bokke.