24 Toe die kinders gebore is, was dit ’n tweeling.
25 Toe die eerste seun gebore is, sien hulle hy is rooi en hy het baie hare op sy lyf, so baie hare soos op ’n dier se vel. Daarom het hulle hom Esau genoem.
26 Daarna is sy broer gebore. Sy broer se hand het aan Esau se voet vasgehou. Hulle het hom Jakob genoem. Isak was 60 jaar oud toe die twee seuns gebore is.
27 Die seuns het grootgeword, en Esau kon goed jag. Hy het gehou van die veld. Jakob was ’n rustige man en hy het geboer met skape en bokke.
28 Isak was meer lief vir Esau, want Isak het gehou van wildsvleis. Maar Rebekka was meer lief vir Jakob.
29 Eendag was Jakob besig om sop te kook. Esau het van die veld gekom en hy was baie moeg.
30 Esau sê toe vir Jakob: “Ek is baie honger. Gee my asseblief van daardie rooi sop van jou.”Daarom het hulle Esau ook Edom genoem.