28 Isak was meer lief vir Esau, want Isak het gehou van wildsvleis. Maar Rebekka was meer lief vir Jakob.
29 Eendag was Jakob besig om sop te kook. Esau het van die veld gekom en hy was baie moeg.
30 Esau sê toe vir Jakob: “Ek is baie honger. Gee my asseblief van daardie rooi sop van jou.”Daarom het hulle Esau ook Edom genoem.
31 Maar Jakob sê vir hom: “Gee dan vir my eers die regte wat jy het omdat jy eerste gebore is.”
32 Toe sê Esau: “Goed. Ek is baie honger. Ek voel ek sal sterf. Die regte sal my niks help wanneer ek dood is nie.”
33 Jakob sê toe: “Jy moet dit eers vir my belowe.”Esau het dit belowe en hy het sy regte vir Jakob gegee.
34 Jakob het vir Esau brood en die lensiesop gegee. Esau het dit geëet en hy het opgestaan en geloop. So het Esau sy regte weggegee. Dit was nie vir hom belangrik nie.