6 Abraham het vir die kinders van sy byvrou Ketura presente gegee terwyl hy nog gelewe het, en hy het hulle weggestuur na die ooste, weg van Isak.
7 Abraham het 175 jaar oud geword.
8 Hy was baie oud. Hy het gesterf en hy is begrawe.
9 Sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die Makpela-grot oorkant Mamre. Dit was op die grond wat voorheen behoort het aan Efron die Hetiet. Efron was die seun van Sogar.
10 Abraham het voorheen hierdie stuk grond gekoop by die Hetiete en hy het sy vrou Sara daar begrawe.
11 Ná Abraham se dood het God Abraham se seun Isak geseën, en Isak het by Lagai-Roï-fontein gaan woon.
12 Hier is ’n lys van die nageslag van Ismael, Abraham en Hagar se seun. Hagar was Sara se slavin. Sy het uit Egipte gekom.