4 God sal jou seën soos Hy vir Abraham geseën het. Hy sal jou en ook jou nageslag seën. Hy sal vir jou die land gee waar jy nou ’n vreemdeling is. Dit is die land wat Hy vir Abraham gegee het. Dit sal jou land wees.”
5 So het Isak vir Jakob weggestuur. Jakob het na Paddan-Aram gegaan, na die Arameër Laban toe. Laban was die seun van Betuel en die broer van Rebekka. Rebekka was Jakob en Esau se ma.
6 Esau het gesien dat Isak vir Jakob geseën het en hom weggestuur het na die land Paddan-Aram. Isak het vir Jakob gesê dat hy moet gaan trou met een van daardie meisies. Isak het hom geseën en gesê hy mag nie trou met een van die meisies van die land Kanaän nie.
7 Esau het gesien dat Jakob na sy pa en ma geluister het en na Paddan-Aram gegaan het.
8 Hy het besef dat sy pa Isak nie van die meisies van Kanaän hou nie.
9 Toe gaan Esau na Ismael toe. Ismael was Abraham se seun. Esau het ander vroue gehad, maar hy trou toe ook met Magalat, Ismael se dogter. Sy was Nebajot se suster.
10 Jakob het van die stad Berseba na die stad Haran gegaan.