1 Ragel kon nie kinders kry vir Jakob nie, en sy het jaloers geword op haar suster Lea. Ragel sê toe vir Jakob: “Gee vir my kinders, anders sterf ek.”
2 Toe word Jakob kwaad vir Ragel en hy sê: “Ek is nie God nie. Dit is Hy wat wil hê jy moenie kinders kry nie.”
3 Ragel sê toe vir Jakob: “Neem my slavin Bilha en gaan slaap by haar. Die kind wat sy dan kry, sal myne wees. So kan my nageslag uit haar kom.”
4 Sy gee toe haar slavin Bilha vir Jakob, en hy het seks gehad met Bilha.
5 Bilha het swanger geword en sy het ’n seun gekry vir Jakob.
6 Toe sê Ragel: “God het reg gedoen aan my. Hy het geluister na my gebed en Hy het vir my ’n seun gegee.”Sy het hom Dan genoem.