14 Dit was die tyd om koring af te sny. Ruben het liefdes-appels in die veld gekry en hy het dit vir sy ma Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: “Gee asseblief vir my van jou seun se liefdes-appels.”
15 Maar Lea het haar geantwoord: “Jy het al klaar my man gevat. Nou wil jy ook my seun se liefdes-appels vat!”Toe sê Ragel: “As jy vir my van jou seun se liefdes-appels gee, dan mag Jakob vannag by jou slaap.”
16 Toe Jakob daardie aand uit die veld kom, het Lea na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Jy moet vanaand by my kom slaap, want ek het daarvoor betaal met my seun se liefdes-appels.”Jakob het toe daardie nag seks gehad met Lea.
17 Die Here het geluister na Lea se gebed, en sy het weer swanger geword. Sy het ’n vyfde seun vir Jakob gekry.
18 Toe sê Lea: “God was goed vir my. Hy het my beloon omdat ek my slavin vir my man gegee het om ’n kind te kry.”Sy het die seun Issaskar genoem.
19 Lea het weer swanger geword en sy het ’n sesde seun vir Jakob gekry.
20 Toe sê Lea: “God het vir my ’n groot present gegee. Nou sal my man by my bly en hy sal onthou dat ek sy vrou is, want ek en hy het ses seuns gekry.”Sy het haar seun toe Sebulon genoem.