20 Toe sê Lea: “God het vir my ’n groot present gegee. Nou sal my man by my bly en hy sal onthou dat ek sy vrou is, want ek en hy het ses seuns gekry.”Sy het haar seun toe Sebulon genoem.
21 Lea het daarna ’n dogter gekry en sy het haar Dina genoem.
22 Die Here het aan Ragel gedink en Hy het geluister na haar gebed.
23 Sy het swanger geword en sy het ’n seun gekry. Sy sê toe: “God het my gehelp en ek is nie meer skaam nie.”
24 Sy het hom Josef genoem en gesê: “Ek bid dat die Here nog ’n seun vir my sal gee.”
25 Nadat Josef gebore is, het Jakob vir Laban gesê: “Laat my nou gaan na my eie plek en na my eie land.
26 Gee my vroue en my kinders en laat my gaan. Jy weet ek het vir jou gewerk om hulle te kry.”