30 Jy het min skape gehad voor ek by jou begin werk het, maar hulle het baie meer geword. Die Here het jou geseën vandat ek hier gekom het. Maar wanneer kan ek vir my eie huis werk?”
31 Toe vra Laban vir hom: “Wat moet ek vir jou gee?”Jakob het vir hom gesê: “Jy moenie vir my betaal nie, niks nie. Ek sal weer jou skape oppas en na hulle kyk, maar daar is een ding wat jy vir my moet doen.
32 Ek sal vandag tussen al jou skape en bokke deurloop. Ek sal al die bont skape en die skape wat kolle het, apart jaag, saam met al die swart skaap-ramme. Ook al die bont bok-ramme en die bok-ramme wat kolle het. Dit is wat jy vir my moet gee.
33 Dan sal jy kan sien dat ek nie skelm is nie. Wanneer jy later kom kyk watter diere myne is, sal jy maklik kan sien: Al die bokke wat nie kolle het of bont is nie, en al die skaap-ramme wat nie swart is nie, is joune. As jy van daardie diere tussen my diere kry, dan het ek hulle van jou gesteel.”
34 Toe sê Laban: “Goed. Ons sal doen soos jy gesê het.”
35 Maar Laban het toe daardie dag gou al die bont bokke en die bokke met kolle apart gejaag. Hy het ook al die bokke wat wit dele gehad het, en al die swart skaap-ramme vir sy seuns gegee om op te pas.
36 Hy het gesê hulle moet daardie diere wegvat van Jakob, so ver soos ’n mens in drie dae kan loop. Jakob moes Laban se ander skape en bokke oppas.