6 Toe sê Ragel: “God het reg gedoen aan my. Hy het geluister na my gebed en Hy het vir my ’n seun gegee.”Sy het hom Dan genoem.
7 Ragel se slavin Bilha het weer swanger geword en sy het nog ’n seun vir Jakob gekry.
8 Toe sê Ragel: “Ek en my suster wou altwee wen, maar ek het haar gewen.”Daarom het sy haar seun Naftali genoem.
9 Lea kon nie meer kinders kry nie. Sy neem toe haar slavin Silpa en sy gee haar vir Jakob om sy vrou te wees.
10 Lea se slavin Silpa het ’n seun gekry vir Jakob,
11 en Lea het gesê: “Ek is gelukkig.”Daarom het sy hom Gad genoem.
12 Toe kry Lea se slavin nog ’n seun vir Jakob,