10 In die tyd toe die skape en bokke gepaar het, het ek gedroom en gesien al die bok-ramme wat die ooie dek, het strepe of kolle.
11 Ek het gedroom die Engel van God sê vir my: ‘Jakob!’ en ek het geantwoord: ‘Hier is ek!’
12 Toe sê Hy: ‘Jy moet goed kyk: Al die bok-ramme wat met die ooie paar, het strepe of kolle. Ek het alles gesien wat Laban aan jou gedoen het.
13 Ek is die God wat by Bet-El aan jou verskyn het. Jy het daar olyf-olie op die gedenksteen gegooi toe jy belowe het om My te dien. Maak nou gereed en trek weg uit hierdie land. Gaan terug na die land waar jy gebore is.’ ”
14 Ragel en Lea sê toe vir Jakob: “Ons sal niks van ons pa erf nie.
15 Hy doen met ons soos hy doen met mense van ander volke. Hy het ons lank gelede aan jou verkoop en hy het die geld opgebruik.
16 Al die goed wat God van ons pa weggevat het, behoort aan ons en aan ons kinders. Jy moet nou doen wat God vir jou gesê het.”