5 Ek het daar beeste, donkies, skape en bokke, slawe en slavinne gekry. Ek stuur nou ’n boodskap om dit vir jou te sê, sodat ek kan weet of jy my vriendelik sal ontvang.”
6 Toe die boodskappers terugkom by Jakob, sê hulle vir hom: “Ons het by jou broer Esau gekom, maar hy het al klaar na jou toe begin kom, en daar is 400 manne by hom.”
7 Jakob het baie bekommerd en bang geword. Hy het al die mense wat by hom was, in twee groepe verdeel, ook al die skape en bokke, die beeste en die kamele.
8 Hy het gesê: “As Esau die een groep aanval, dan sal die ander groep miskien kan vlug.”
9 Jakob het toe gebid en gesê: “God van my oupa Abraham, God van my pa Isak, Here, U het vir my gesê dat ek moet teruggaan na my land en na my familie toe, dan sal U goed wees vir my.
10 Ek is nie ’n belangrike man nie, maar U was baie goed vir my en U het alles gedoen wat U vir my belowe het. Ek het net my kierie gehad toe ek voorheen deur hierdie Jordaan-rivier gegaan het. Nou behoort hierdie twee groot groepe mense en diere aan my.
11 Here, beskerm my asseblief teen my broer Esau, want ek is bang vir hom. Ek is bang dat hy my en die vroue en kinders sal aanval.