8 Hy het gesê: “As Esau die een groep aanval, dan sal die ander groep miskien kan vlug.”
9 Jakob het toe gebid en gesê: “God van my oupa Abraham, God van my pa Isak, Here, U het vir my gesê dat ek moet teruggaan na my land en na my familie toe, dan sal U goed wees vir my.
10 Ek is nie ’n belangrike man nie, maar U was baie goed vir my en U het alles gedoen wat U vir my belowe het. Ek het net my kierie gehad toe ek voorheen deur hierdie Jordaan-rivier gegaan het. Nou behoort hierdie twee groot groepe mense en diere aan my.
11 Here, beskerm my asseblief teen my broer Esau, want ek is bang vir hom. Ek is bang dat hy my en die vroue en kinders sal aanval.
12 Here, U het belowe en vir my gesê: ‘Ek sal goed wees vir jou. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sand van die see. Dit is so baie dat ’n mens dit nie kan tel nie.’ ”
13 Jakob het daardie nag daar geslaap. Hy het van sy goed geneem en hy het ’n present vir sy broer Esau gestuur.
14 Dit was 200 bok-ooie en 20 bok-ramme, 200 skaap-ooie en 20 skaap-ramme,