14 Meneer, gaan asseblief voor my. Dan kan ek stadig agter jou loop, so vinnig soos die diere en die kinders kan loop, totdat ek by Meneer in Seïr-land kom.”
15 Toe sê Esau: “Ek sal party van my manne by jou laat bly.”Maar Jakob sê: “Hoekom wil jy dit doen? Glo my asseblief.”
16 Esau het daardie dag teruggegaan na Seïr-land.
17 Jakob het na ’n ander plek gegaan en hy het daar vir hom ’n huis gebou. Hy het takke geneem en hy het veekrale gemaak vir sy skape en bokke. Daarom het hulle die plek Sukkot genoem.
18 Jakob het later veilig aangekom in Sigem se stad in Kanaän. Hy het van die stad Paddan-Aram daarnatoe gegaan. Hy het sy tente naby die stad opgeslaan.
19 Hy het die stuk grond gekoop waar hy sy tente opgeslaan het. Hy het dit gekoop by die seuns van Gamor, Sigem se pa. Hy het 100 kesita daarvoor betaal.
20 Jakob het daar ’n altaar gebou en hy het dit genoem “Die God van Israel is God, net Hý is God.”